Kuns met kontant: Richard van der Westhuizen (Deel 2)
From Spitstyd · 8:49
Show by RSG
Party kunstenaars maak treffers. Ander maak geskiedenis. En dan is daar kunstenaars wie se werk deel word van ons kollektiewe geheue. Richard van der Westhuizen kom oorspronklik van Nababeep in Namakwaland. Hy het Boukunde studeer en aanvanklik ’n heel ander loopbaan oorweeg, maar die lewe het ander planne gehad. Hy word akteur, sanger, komponis en liedjieskrywer, en bou oor meer as vier dekades ’n merkwaardige loopbaan op die verhoog, voor die televisiekameras en agter die mikrofoon. Hy gesels oor die goue jare van Afrikaanse televisie, die mense wat sy loopbaan gevorm het, die onsekerheid van ’n kunstenaarsbestaan en die waarde van musiek wat dekades nadat dit geskryf is, steeds voortleef. En ons vra: Wat is sukses uiteindelik werd? Die geld wat jy verdien, die werk wat jy skep, of dit wat jy agterlaat?
More episodes
- Almal en nog wat: The Weather Hooligan
- RSG Help: Tygerberg Hospitaal Kindertrust
- Absa: In voorspoed en wat ook al (Deel 4)
- Almal en nog wat: Miniatuur antieke meubels
- Kuns met kontant: Richard van der Westhuizen (Deel 1)
- RSG Help: Good Samaritan’s Network
- Almal en nog wat: Natuurlewefotograaf
- Kuns met kontant: Rhona van Niekerk (Deel 2)
- RSG Help: Sungardens Palliatiewe Sorgsentrum, Pretoria
- Almal en nog wat: Franse Vreemdelingelegioen
PodSearch is a free, independent podcast search engine. Read about PodSearch, the privacy policy or contact us.