Sentrale Verkrygingsraad verdedig N$174 miljoen-hospitaalkontrak
From Nuus · 0:39
Show by Kosmos 94.1
Die Sentrale Verkrygingsraad het gereageer op mediaberigte wat die wettigheid van die 174 miljoen Namibiese dollar-kontrak vir infrastruktuurwerk by die nuwe Windhoek-distrikshospitaal in Havana bevraagteken. Beweringe is gemaak dat die kontrak deur ’n ongemagtigde verteenwoordiger van die gesamentlike onderneming waaraan die werk toegeken is, onderteken is. Die raad se woordvoerder, Johanna Kambala, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kontrak is onderteken op grond van die magtigingsdokumente waaroor die raad beskik het. Sy beklemtoon bouwerk op die perseel is reeds aan die gang en sê die bewerings is met die betrokke partye opgeneem.
More episodes
- Namibiese en Angolese polisie versterk grensveiligheid
- Continental-sluiting kan 950 werkers raak
- Toerismebedryf waarsku oor impak van visumbeperkings
- President maan motoriste oor feestydveiligheid
- Krieket: De Zorzi en Nortjé keer terug vir die beslissende toetswedstryd teen Bangladesj
- Nuwe burgerregtebeweging fokus op goeie bestuur en verantwoordbaarheid
- SA se benadering tot KI moet deur sy eie nasionale belange bepaal word
- Hartlief vier 80 met groot belegging
- ActionSA wil nie na DA se pype dans
- Brittanje sluit nuwe ooreenkoms met EU
PodSearch is a free, independent podcast search engine. Read about PodSearch, the privacy policy or contact us.